7 Uitgangspunte vir ‘n Gemeente se Leef (Wees / Impak) in die Wêreld
1 Elkeen is ‘n Gestuurde! (Hand.1:8 / Matt.28:18vv)
Act 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”
Missio Dei beteken ons raak medewerkers van God se koms/sending na die wêreld
Dit is die kern van die nuwe denke oor missionale transformasie.
2 Wees Betrokke met jou hart! (Matt.5:7 / Matt.14:14 – innig jammekry)
Mat 5:7 Geseënd is dié wat barmhartig is, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word.
Nie van bo af nie, maar langs die persoon in nood.
As jy nie aangegryp is nie, kan jy nie impakteer nie!
3 Watter bydrae kan die ander een maak? (Mark.6:38 / Ef.4:28 / 1 Tess.4:11)
Eph 4:28 As iemand ‘n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op ‘n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien; dan sal hy iets hê om vir die armes te gee.
Elkeen se lewensonderhoud is sy eie verantwoordelikheid. (Kinders se lewensonderhoud is hul ouers se verantwoordelikheid.)
Dit geld ook vir die armes! – “Wat gee jy?”
4 Jy kan nie gee wat jy nie het nie! (2 Kor.8:12&13)
2Co 8:12 As die goeie wil daar is en iemand gee volgens wat hy het, neem God die gawe aan. Hy verwag nie van hom wat hy nie het nie.
2Co 8:13 Ek bedoel nie dat julle gebrek moet ly om ander te kan help nie; maar sodat daar ewewig sal wees,
2Co 8:14 moet julle wat nou oorvloed het, dié help wat gebrek ly. Dan, as hulle weer oorvloed het en julle gebrek ly, kan hulle julle weer help. So kom daar ewewig.
Daarom is bg vraag by uitgangspunt 3 so belangrik.
Doen wat jy kan met wat jy het!
5 Leef anders binne-in jou omgewing! (Luk.8:38)
Luk 8:38 Die man uit wie die bose geeste uitgevaar het, het Jesus gesmeek om by Hom te kan bly. Maar Jesus het hom weggestuur en gesê:
Luk 8:39 “Gaan terug na jou huis toe en vertel alles wat God vir jou gedoen het.” Hy het toe gegaan en die hele dorp deur bekend gemaak wat Jesus vir hom gedoen het.
Jesus het nooit mense uit hul omgewing weggeneem nie.
Hy stuur eerder besetene van Gadara terug na sy omgewing toe.
Raak dus ‘n gestuurde waar jy is! Dit ged ook vir armes!!
6 Werk ook met die oorsake van die nood! / Geregtigheid! (Deut.10:18)
Deu 10:17 Die Here jou God, Hy alleen is God, die Here: die groot God, die magtige, wat wonderdade doen, wat vir niemand partydig is nie en ook nie omkoopgeld aanneem nie.
Deu 10:18 Hy laat reg geskied aan die weeskind en die weduwee. Hy het die vreemdeling lief en gee vir hom kos en klere.
Kyk na diakensformulier.
Gemeente moet haar profetiese stem laat hoor. – positief en negatief
Sistemiese foute in die samelewing moet aangespreek word.
7 Leef groen! (Ps 24 :1)
Psa 24:1 ‘n Psalm van Dawid. Die aarde en alles wat daarop is, die wêreld en dié wat daar woon, alles behoort aan die Here,
Hoe lyk jou koolstof voetspoor? Hoe lyk jou omgewing waar jy leef?
Hoe leef ek groen op straat of in ‘n plakkerskamp – in ‘n paleis of in ‘n pondok?
………………………………………………………..